ontmoet Charne Grabie ...
Charne Grabie is 'n nuweling in die musiek bedryf en haar grootste droom om Suid-Afrika te kan wys waartoe sy in staat is. Die borrelende sangeres se grootste inspirasie is Country en Rock, maar sy sing ook 'n wye verskeidenheid van liedjie tydens haar optredes.

Charne het 4 jaar terug in die SA Yamaha talent kompetisie deelgeneem en het uistekend gevaar uit 4000 deelnemers. Met trots het sy met die 1ste prys weggestap. Sy het ook saam met Bobby van Jaarsveld in Voices 2002 deelgeneem waar albei tot die finale deurgedring het.

Craig James het aan Charne haar eerste geleentheid gegee om op te neem en die resultaat is dat haar sterk, suiwer stem op Country CD's te hoor is.

Charne het al voorksoue gedoen vir Kurt Darren, Juanita du Plessis, Heinz Winkler, Bobby Angel, Buddy Vaughn, Sally Vaughn, Barbara Ray, Ray Dylan, Billy Forest, Quentin Prinsloo, MarNet en vele meer ...


Navrae & besprekings
Charne se aansteeklike energie maak haar 'n ideale sanger by optredes. Met haar ongelooflike sangtalent en joviale persoonlikheid is sy verseker 'n aanwins vir enige funksie of optrede. Moenie huiwer nie, besoek Schoonraad Management of kontak hulle by 082 374 3641 of per e-pos info@musicmanagement.co.za vir besprekings en navrae.


 
Charne op Facebook





© 2011 Charne Grabie & Schoonraad Music Management - all rights reserved & conditions apply
designed & maintained by SIMedia, docTOMAS & SAMusic.co.za